WEBBLAD-INHOUD: AFRIKAANSE WEERGAWE


Leer in Afrikaans by Sol Plaatje Universiteit

n’ Groeiende aanbod in Afrikaans

Vanaf die tweede semester van 2026 sal geselekteerde modules in die Fakulteite Opvoedkunde en Geesteswetenskappe deur middel van Afrikaans-medium onderrig aangebied word, met die aanbod wat in die komende jare sal vergroot.

By Sol Plaatje Universiteit is veeltaligheid meer as ‘n ideaal – dit is ‘n werklikheid. Met hierdie aanbod bied ons gehalte-onderrig in die tale van die gemeenskappe wat ons dien en skep ons groter toegang tot hoër onderwys. 

Wat word aangebied?

Fakulteit Opvoedkunde
Geselekteerde Grondslagfase-modules in Afrikaans vanaf die tweede semester van 2026.

Fakulteit Geesteswetenskappe
Afrikaans-medium ondersteuning in Sielkunde en Geskiedenis deur n’ tweetalige benadering.

Indien jy tans ‘n geregistreerde student is

Indien jy in een van die betrokke modules ingeskryf is en graag in Afrikaans wil leer, of verkies om in Engels voort te gaan, is jy welkom om jou opsies met jou fakulteit te bespreek.

Opvoedkunde (Grondslagfase) – Dr Glynnis Daries
e-pos: glynnis.daries@spu.ac.za

Geesteswetenskappe (Geskiedenis) – Dr Eleanor Addinall
e-pos: eleanor.addinall@spu.ac.za

Geesteswetenskappe (Sielkande) – Dr Cobus Rademeyer
e-pos: cobus.rademeyer@spu.ac.za

Indien jy n’ voornemende student is

Stel jy belang om vanaf 2027 in Afrikaans by SPU te studeer? Ons hoor graag van jou.

  • Aansoeke vir 2027 sluit op 31 Oktober 2026.
  • Doen aanlyn aansoek deur die SPU-aansoekportaal.
  • Kontak die Studente-toelatingskantoor vir toelatingsvereistes en leiding.

Me Edwinah Egelser: 053 491 0116 of e-pos: applications@spu.ac.za

Indien aansoekers enige probleme ondervind met die gebruik van die aanlyn aansoekstelsel, is hulle welkom om die Fakulteit se Aansoekkampioene te kontak:

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Me. Boitumelo Mabija

Tel: (0)53-491-0157
E-pos: EMS_Applications@spu.ac.za

Fakulteit Opvoedkunde

Me. Kediemetse Moselane

Tel: 053 491 0152
E-pos: EDU_Applications@spu.ac.za

Fakulteit Geesteswetenskappe

Me. Ntshepeng Makoko

Tel: (0)53-491-0030
E-pos: HUM_Applications@spu.ac.za

Fakulteit Natuur- en Toegepaste Wetenskappe

Mnr. Awakhe Madikizela

Tel: (0)53-491-0589
E-pos: NAS_Applications@spu.ac.za

 

Hierdie aanbod word moontlik gemaak deur n’ vennootskap met die Trust vir Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO).